2012-11-02

Die transliterasie-chochcha

Deur Burgert Behr

Transliterasie – die doring in die meeste Afrikaanse teksredakteurs se vlees, daardie veertienletterwoord wat selfs baie gesoute taalversorgers laat sweet. In so ’n mate dat die meeste Afrikaanse media blykbaar nou Engelse spellings gebruik, buiten reeds bekende name soos Gorbatsjof. Hoekom kan transliterasie net nie inslag vind in Afrikaans nie en gee ons nou maar boedel oor onder aanslag van Engels? Hensop, om dit so te stel.

Een van die vrae wat seker die meeste gevra word, is: Hoe kan ’n “kh” in Engels ’n “ch” in Afrikaans word? Dit behoort andersom te wees – ’n “c” behoort ’n “k” te word. En hoe spreek ’n mens dit uit – as ’n “k”? Waar kom die spelling “tsj” vandaan? Ons skryf tog tjek, tjips, tjoekie, tjank . . . Of is ’n “ch” eintlik ’n “tj” en ’n “tsj” iets anders?

Dit lyk my die antwoord is baie eenvoudig: Afrikaans het geen transliterasiestelsel nie; ons het die (ou) Nederlandse stelsel net so oorgeneem. “Ch” en “tsj” is Nederlandse spellings en volksvreemd hier aan die suidpunt van Afrika.

Nederlands het ’n paar jaar gelede sy transliterasiestelsel aangepas. Hulle skryf nie meer “f” of “w” nie, maar “v”; nie meer “oe” nie, maar “u”.

Is dit nie vir ons ook tyd om te besin en ’n transliterasiestelsel te skep wat dalk groter inslag sal vind by Afrikaanssprekendes nie? Dis dalk tyd om “g” te skryf in plaas van “ch”, “tj” in plaas van “tsj” en “gh” in plaas van “g”. Dalk verstaan en aanvaar ons Groesjtjof beter as Chroesjtsjof. Tjegof beter as Tsjechof. Tjetjnië beter as Tsjetsjnië. Ghorbatjof beter as Gorbatsjof. (Ons skryf immers om die een of ander rede Ghaddafi, hoewel dit volgens ons reëls eintlik Gaddafi behoort te wees.)

Daar is natuurlik ook die negatiewe kant. Ons gaan sit met ’n spelling soos Ghagharin. Maar kan ons Joeri nie maar opoffer ter wille van die behoud van Afrikaanse transliterasie nie?

Burgert Behr is eindredakteur van Huisgenoot en ’n kenner van Russies.

5 comments:

  1. Interessant artikel over een interessante kwestie!

    In het Nederlands schrijven we de в tegenwoordig (sinds de jaren 80 ongeveer) inderdaad consequent als v: Gorbatsjov (niet Gorbatsjow of Gorbatsjof), Vladimir (niet Wladimir). Uitzonderingen: enkele algemeen ingeburgerde woorden en namen, zoals wodka en Wolga. In het Afrikaans lijkt de wijziging van w in v me niet zinvol omdat dat niet met de uitspraak overeenkomt.

    De у is in het Nederlands echter nog steeds oe, niet u: Chroesjtsjov, Loekasjenko.

    ReplyDelete
  2. Op 'n Facebook-blad vir Afrikaanse taalwerkers lewer 'n Afrikaanse teksredakteur soos volg kommentaar: "[m]y gevoel is ons kan nie meer die invloed van die internet ignoreer nie. As publikasies wil hê mense moet hul blaaie d.m.v. Google vind, gaan hulle veral bekende name volgens die internasionale standaard (dus Engels) moet begin spel."

    My kommentaar hiérop: "Maar met internet bedoel ons dan op die ou end maar Engels: As ons in Afrikaans skryf, skryf ons tog met Afrikaanse lesers in gedagte. Wat jy dus sê – en jy is bes moontlik reg, is ek bevrees – is dat verreweg die meeste Afrikaanssprekende lesers van Afrikaanse koerante en tydskrifte van 'n Afrikaanse transliterasiestelsel vandag óf g'n snars meer weet nie óf niks meer wil weet nie? As hulle google, aanvaar ons, google hulle in Engels, en hulle gee dan waarskynlik ook nie in die minste om as hulle soektog op Engelse i.p.v. Afrikaanse inhoud uitloop nie, want hulle is bogemiddeld goed tweetalig en leun al verder oor na Engels (vir nuus oor mense en plekke met vreemde Russiese name het hulle die Afrikaanse media dus eintlik glad nie meer nodig nie).

    Dit in teenstelling met Nederlands, Duits, ens., wat nié hulle transliterasiestelsels vir die internet aanpas nie en steeds van hulle lesers verwag om hul blaaie in hul eie taal te vind.

    ReplyDelete
  3. En nog 'n taalpraktisyn sê op Facebook: "Volgens my is die meeste Afrikaanse lesers salig onbewus van die feit dat daar hoegenaamd iets soos transliterasie in Afrikaans is. Behalwe miskien die wat Afrikaans op universiteit gehad het (en hoeveel van hulle is daar nog oor?) En hulle kan gewoon glad nie verstaan hoekom Russiese name anders in Afrikaans as in Engels gespel word nie. Ek onthou nog goed hoe 'n musiekonderwyser van my jare gelede dit bevraagteken het dat ek Tjaikofski en Prokofiëf so spel aangesien dit dan anders lyk in sy bronne. Maar my probleem met transliterasie is nie net die noem dit maar ongingeligtheid van die Afrikaanse leserspubliek nie maar ook die inkonsekwentheid daarvan. En ek wil steeds weet hoekom word ander tale soos sê maar Sanskrit nie getranslitereer nie maar Russies wel. En wat van Manderyns en so kan ons aangaan."

    ReplyDelete
  4. In Nederlandse kranten doet zich de vreemde situatie voor dat de politieke redacteurs, misschien onder invloed van Moskouse correspondenten, netjes de Nederlandse transliteratie hanteren (Poetin, Gorbatsjov), maar dat sportredacteurs onbekommerd de Engelse spelling hanteren. Als (mannelijke) familieleden van genoemde leiders aan de Olympische Spelen deelnemen, heten ze dus Putin en Gorbachev. En het is natuurlijk ook wel raar om in het verslag van een voetbalwedstrijd een andere naam te zien dan de speler op zijn rug heeft staan.
    Ooit werkte ik bij een persbureau (IPS) waar Engels- en Spaanstalige kopij binnenkwam., die mijn collega's en ik in het Nederlands moesten vertalen. Alle drie die talen houden er hun eigen transliteratiesysteem op na (net als Duits en Frans en ongetwijfeld nog andere talen). Dat ging eigenlijk nooit goed.
    Aangezien de wetenschappelijke transliteratie te veel haceks vergt (die ik op mijn iPadje niet eens geproduceerd krijg), vrees ik dat de Engelse variant het handigste alternatief is. En ach, per slot van rekening weten we bij de spelling van namen in vreemde talen toch meestal niet hoe de juiste uitspraak luidt.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Wel, dit troos 'n bietjie dat hier dan elders ook mee kleigetrap word!

      Delete